Back to photostream

Weakness of the human being

Die swakheid van die mens (1981)

 

Dis die mens in jou wat begeer

Wat dit moeilik maak om emosies te beheer

Op afstand te bly en jouself te keer

Jou daarteen te verset en probeer

Om die aanslag van menslike emosies af te weer

Spyt sal weer leer na alles kom hartseer…

Tog, 'n handeling, taktvol, sag en teer – dit begeer

In jou woed n storm donderweer van reg en verkeerd

Bliksemstrale se flitse verblind jou, vra meer

Todat die gordyn van menslikheid in jou skeur

En jou in die stroom van oorweldiging meesleur,

Jou laat wegdryf, lig soos ’n feer.

 

Malende kolk van gewete weer

Laat jou probeer wegbeur,

Maar arms van lokkende golwe trek jou

Weer in een diep donker skeur …

Wegkomkans is daar nie meer,

Dit het reeds gebeur

Soos al die kere kom spyt weer een keer

Maar ook te laat hierdie keer.

Marina v.d B 1981

8,921 views
6 faves
24 comments
Uploaded on July 6, 2009
Taken on July 6, 2009