Orania is ‘n selfstandige Afrikaner- gemeenskap wat streef na Afrikanerselfbeskikking binne ‘n federale Suid-Afrika. Die Orania Beweging is ‘n kultuur-politieke instelling wat steun werf vir die ideaal van Afrikanerselfbeskikking. Die Beweging poog om deur ‘n proses van groeiende selfbeskikking aan hierdie ideaal konkrete beslag te gee.