Wildebeast1
Trekboer
Liewe Marie
Hier's dit winter al weer, ennie wind ... o jinne
Ek lewe al weke betrap hier binne
Swart reën hamer teen die vensterruite
En die ys lê ses duim diep daarbuite
En jy weet ... op aande soos dié vra ek myself al weer -
Alles in ag geneem, wat die hel maak ek hier?
Weer is ellendig, dollar's amper niks werd
En SA pronk innie koerante soos 'n spogryperd
Ek lees julle het selfs misdaad bekamp
'n Paar jobs geskep en inflasie op sy kop gestamp
Is dit leuens, Marie, of issit werklik waar?
Soos jy weet ... ek twyfel oor alles in Afrika
Trekboer o mamma ek wil huis toe gaan
Ek verlang maar ek is bang
Vir Afrika, o Afrika
Saterdag het ek vir Piet Basson besoek
Daar was wors en tjops en pannekoek
En 'n klomp verlore Boere wat vriende soek
Almal het bewend langs die braai gestaan
Terwyl ons gasheer oor die swart gevaar aangaan...
Ou Piet kry e-mails van sy regse tjomme
Volgens sy bronne gaan dit nou sleg daaronder
Hy sê die Mandela-jare was net 'n wittebrood
En oor die langtermyn maak hulle al die witmense dood
Ek was lekker getrek, so ek sê, Piet, ou maat,
Jy's my vriend, maar eish, dis bog wat jy praat
Ons is net bang om te erken ons het fout gemaak
En Suid-Afrika verniet verlaat
Ja - hy't my gedonder
Trekboer o mamma ek wil huis toe gaan...
Jy weet, Marie, toe ek emigreer...
Ek het gelieg toe ek sê dat ek niks omgee
Ek dink aan jou gedurig, amper elke dag
En droom van jou in hierdie eindelose noordelike nag
Ek droom van die maanlig in Stellenbosch
Ons twee loop huis toe na 'n jol by die Dros
Daar's iets wild in jou oë, jy sê jy wil liefde maak
En ons kruip weg in die donker daar langs Dorpstraat
Ek droom van 'n strand ... moerse wit branders
Die son op my rug, jou lyf onder my hande
Ek lê op my bed, luister Madiba Bay
Strek uit my hand en daar lê jy langs my
Ag Marie...Ek wens alles kon anders wees,
Maar jy's 'n optimis, en ek's nou Kanadees
So ek wil net verneem hoe gaan dit met jou
En vra of jy ook nog vir my onthou
Die uwe,
Trekboer (Rian Malan)
And here is the music to accompany the picture...